How to get more followers on twitter

Details:

Recently I’ve been testing multiple strategies using twitter for traffic generation. I decided to share a good one here with you today that you can use right away to get some twitter traffic to your blog.

Most twitter users completely under utilize twitter and those that know how to use it have a huge advantage and can gain a huge following.

5 twitter tricks to maximize twitter traffic

1 Create a post on your blog that is twitter related or something that your twitter followers would be interested in. For instance this very blog post is a good example. Try to deliver some good content that people would love to share on twitter.

2 Optimize your blog to work with twitter, as you can see I have optimized my blog with a few simple wordpress plug-ins most of which are free.

3 Optimize your blog to get members on your mailing list or to subscribe to your blog.
This creates another form of connecting with people and growing your twitter following, you can even send out an email on Aweber and have it post on twitter.

4 Utilize the @ reply on twitter such as @jbode if you were sending a reply to me. This creates several important advantages including more exposure for you and the person your replying to, twitter users are more likely to check an @ reply than a direct message, an @ reply is more personal…

5 Start using this in your blog and you will get more blog traffic
Plus it is free to do and once you figure it out it is easy to implement.

Create a blog post as indicated in tip 1, optimize your blog as in tips 2 & 3.

Now you are ready to add this powerful little link to the bottom of your blog post. Click the link below to see how it works, as you will see it allows you to add value to your twitter following, increase blog traffic and increase your twitter following…

Date:
05/08/2011

Goeie kwotasies..dit maak 'n ou dink

Details:

"Discovery consists of seeing what everybody has seen and thinking what nobody has thought." - Albert Szent-Gyorgyi -

"I cannot teach anybody anything. I can only make them think." - Socrates -

"I don't know what your destiny will be, but one thing I do know: the only ones among you who will be really happy are those who have sought and found how to serve." - Albert Schweitzer -

"If you have an apple and I have an apple and we exchange apples then you and I will still each have one apple. But if you have an idea and I have an idea and we exchange these ideas, then each of us will have two ideas." - George Bernard Shaw -

"I will never understand all the good that a simple smile can accomplish." - Mother Theresa -

"If your plan is for one year plant rice. If your plan is for ten years plant trees. If your plan is for one hundred years educate children." - Confucius -

Date:
27/06/2011

Gemaak in SA uitverkoop!! Nuwe CD cover is goud!

Details:

Ons het voor KKNK gehoor dat Gemaak in SA se eerste print uitverkoop is. Baie dankie vir almal van julle wat hierdie CD gekoop het. Ek dink die liedjie Een miljoen woorde het vir baie mense 'n baie waardevole betekenis gehad. Dis regtig lekker om te sien dat so baie mense nog bereid is om saam te staan teen kanker. By gister aand se Irene Cansa funksie is daar glo 47 spanne wat ingeskryf het vir die September Pretoria Cansa relay for life. As jy dalk in Pretoria woon en nog nooit by so iets was nie. Skryf in en doen dit.
Ek en 'n hele paar sangers gaan daar optree.

Om terug te kom na die Gemaak in SA CD. Die CD is geherdruk. Ek het dit goed gedink om sommer 'n paar ekstra liedjies op die CD te plaas. Ek het 'n liedjie vir Lucas Maree geskryf, en dit vir hom gespeel terwyl hy nog gelewe het. Die liedjie se naam is Lucas Maree.
Gaan op youtube en tik Lucas Maree in en dan Jakkie Louw. Die video is net 'n foto van my, waar ek my arms oor die kitaar kruis. Ek het ook die bekende Ave Maria gelaai met Kevin Leo. Ek sing dit in Engels en Kevin in Italiaans. As jy nie die song kry agter op die CD se lys nie...dis 'n "hidden track'
Ek het ook die stoute "honeymoon" liejdie Marulaboom op die CD gesit.

Die nuwe CD cover se Jakkie Louw met goue letters. Die ou CD cover was mos groen letters.
Kyk uit vir hom. Hy behoort nou orals in al die winkels te wees.
Baie liefde en groete
J

Date:
12/05/2011

Rapport Artikel (wat nie geplaas is nie)

Details:

Hier is die regte vrae en antwoord epos wat ek van 'n Rapport joernalis ontvang het. Soos die media nou maar werk, plaas hulle glad nie wat jy se nie. Net een sin wat hulle storie sal verkoop.

Musica het onlangs weer baie CD’s van Afrikaanse kunstenaars teruggestuur en dit omdat dit nie meer verkoop nie. En Musica se base se dis aan ‘n gebrek aan kreatiwiteit. Die feit dat ons kunstenaars net nie meer met goeie musiek vorendag kom nie.

1. Stem jy saam? Nee ek stem nie saam nie.

2. Waaraan sou jy die afname in CD verkope toeskryf?
Mense is baie armer as wat hulle was 'n paar jaar terug. Jy moet nie vergeet dat die nuwe sangers wat so baie verkope gehad het ook rekords behaal het nie. Dws meer as ons voorgangers en legendes. Musiek is immers 'n luuksheid en nie 'n algemene kommoditeit nie.

3. Hoe affekteer dit jou kunstenaar/s?
Ek weet van groot verkopres in die pop "genre "(net sekere) wat nie klein teaters soos Centurion teater kan voltrek nie. Kleiner verkopers(Nataniel en Koos Kombuis) kan hom volhou vir 'n week. CD verkope maak nie geld vir kunstenaars nie, shows wel. Dis 'n besigheid op sy eie.

4. Kan ‘n mens hoegenaamd meer die ressessie blameer soos kunstenaars in die verlede gedoen het.
Absoluut. Die kwaliteit van Afrikaanse musiek se liedjieskryf vermoe, produksie en kwaliteit sangers was nog nooit so hoog soos nou nie. Kyk na ouens soos Johan Voster en die Coleskys(liedjie skrywers), Nuwe Sangeresse soos Charlize Berg en producers soos Murrey Libbe en Werner Beukes. Ons kan more gaan inskryf vir die Grammy's. As Charlize en Heinz 'n engels song sing sukkel jy om te hoor of dit plaaslik is. so goed is dit. Steve se nuwe album is dieslfde. Dis internasionale kwaliteit
Die ressessie is verseker 'n rede vir laer CD verkope en die feeste wat een vir een flop.

5. Algemene waarnemings?
Soos enige iets sal die algmene stand van die Afrikaanse industrie normaliseer soos die mark normaliseer. Soos enige iets wat te koop is daarbuite.
'n Goeie liedjie wat goed produce word met 'n goeie sanger of sangeres, sal altyd die sukses , finansieel en komersieel verdien wat dit toekom.
Die internet en selfoon maatskappye het ook 'n reuse inpak. Digitaal het te maklik geword en is verseker die toekoms.
'n Armoede aan Kwaliteit van kreatiwiteit is die verskoning wat ek, oningelig sou gee as ek nie geweet hoekom my winkel se CD verkope stilstaan nie.

Gee julle opinies asb om die wall by :

http://www.facebook.com/pages/JAKKIE-LOUW-The-Official-Fan-Club/10172753...

Date:
11/05/2011

2000 mense op twitter!!

Details:

Ek het vanaand weer Social Network gekyk en net weer gesien hoe groot facebook is. WOW!!!
Facebook het natuurlik rekenaars oor die algemeen makliker en vriendelikker gemaak vir almal.
Rekenaars is deesdae so eenvoudig om te gebruik dat kinders van 10 jaar oud al gerieflik kan surf.
Die grootste biblioteek in die wereld..die internet.
Dis dus definitief die toekoms. Twitter is vir my so duisend keer cooler as facebook. Dis vinniger, makliker en 'n bietjie meer "slimmer" as. Die Huisgenoot het hul lesers gevra en volgens hulle verstaan 80% van Huisgenoot se Facebook vriende nie twitter nie..wat??
Ek geniet dit om op twitter te wees en gebruik slegs 10% daarvan vir bemarking.
Die dinge wat 'n besige musikant soos ek doen van dag tot dag is lekker om te deel en die dinge wat mense dan daaroor te se het is partykeer baie funny.
Ek staan vandag so effens voor die 2000 followers merk en dis baie lekker.
Tot volgende keer..baai baai!!

Date:
25/04/2011

Multi media shows

Details:

Shoe.
Lanklaas gesels. Dit was vir my 'n vrek besige tyd. Alles gebeur net op dieselfde tyd.
Ek het regtig die laaste tyd my alie af gewerk met al die troul reelings en shows. Maar ek moet se, harde werk betaal terug. My boekies wat opvolg op Liedjieskrywer 101 kom aan!Aper klaar. Kyk na November vir die launch.
Ek het ook besluit om sommer die hele boek weer te plaas hierso by my dagboek. Lees dit, miskien leer jy ietsie. My troue was awesome en my vroutjie nog beter. Die lewe is goed en die jonk Louwtjie kom in September. Dis amazing hoe groot die Here is. Met al hierdie dinge wat gebeur is daar so een of twee mense wat my steeds probeer afkraak vir dit en daai. Ek is tans egter so vol liefde..dis soos water op 'n eend se rug. Thx vir al die goeie wense op twitter(jakkielouw) en facebook(Die drie Pikewyne fanclub). Ek het vandag gehoor my album (Gemaak in SA) is genomineer vir 'n SAMA award. Ek staan teen Rudi en Corlia, Romanz,Albert De Wet en Steve Hoffmeyr. Groot eer!!
Luister asb na JA FM. Dit is Jacarandafm se nuwe streaming radio stasie wat op die internet lewe.
Ek begin binnekort my eie show daarop. Storie liedjies.
Dit gaan so cool wees.
Baie lekker dag..die lewe is 'n lied..so sing jong ...sing!!!!!!!!

Date:
14/04/2011

Liejdieskrywer 101 (Hoe om liedjies te skryf)

Details:

LIEDJIESKRYWER 101

JAKKIE LOUW

Ek dra hierdie boek op aan my Pa, Nico Louw. Een van die beste storie skrywers en ontleders van die Bybel op ons paneet. As NG predikant het hy baie siele gelei na die lig.
Hierdie boek is die fakkel wat vanaf my Pa na my aangepaas is en wat ek nou vir u, die leser aangee… geniet en doen.

VOORWOORD:

Hierdie boekie is vir al die dromers daar buite. Die “free spirits” wat droom met hulle oe wa-wyd oop.

Die boek is ook vir al daardie aspirante liedjieskrywers wat my gedurig vra: “Jakkie, waar begin jy as jy ‘ liedjie skryf? By die melodie of die woorde?” Ek sal jou leer watter tegnieke jou liedjieskryf vaardigheid sal opskerp en watter formaat ‘n goeie fondament vir jou sal neerle. As jy hierdie lesse verstaan en kan uitvoer kan jy heel moontlik een van ons land se beste liedjieboere word.

Liedjieskrywers, soos Anton Goosen, die oorspronklike liedjieboer, het die reggekry om tydlose liedjies te skryf. Mens sal nooit moeg raak vir legendariese liedjies soos “Brief vir Simone”, “Waterblommetjies”, “Pampoene op die dak”, en “Klein bietjie wyn” nie. Lucas Maree was weer die pionier van lekker luister liedjies soos “Kiekies”, “Victoriabaai”, “Droomvrou”, en “Doen met ‘n miljoen’. Legendes soos hierdie se musiek sal aanhou leef lank nadat hulle nie meer hier is nie. Dit is wat ‘n boek soos hierdie spesiaal maak. Om die leser ‘n riglyn te gee oor hoe om ook sulke liedjies te skryf.

Ek gaan jou stap vir stap leer hoe om ook jou eie fakkel aan te steek by hierdie legends sodat jou lig vir altyd kan brand. My boetie Frikkie is oorlede in 1994. Die dag wat hy begrawe is, was ‘n baie reenerige dag in die Kaap. Jy sal dink dat mense nie sou wou begrafnis toe kom agv die reen nie, maar die begrafplaas was gepak met mense. Ek het vir hom ‘n briefie geskryf oor hoe ek daardie dag onthou het, en toe die brief omskep in ‘n liedjie en dit opgeneem. Deur hierdie liedjie sal Frikkie Louw vir altyd voortleef en onthou word.

Hier volg sy brief:

REEN IN DIE KAAP

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Die liggies brand maar die strate is nat
Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Terwyl my kamervenster prentjies maak

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Die druppels fluister jou naam
Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
En jy het lankal gaan slap

KOOR:
More as die son weer skyn
En al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
En maak seker jy sal dit kry

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Dis aanhoudend soos die stroompies in Adringa straat
Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
En jy het al lankal gaan slap

KOOR:
More as die son weer skyn
En al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
En maak seker jy sal dit kry

Ons het jou gaan groet op ‘n koue saterdagoggend
Dit het gereen maar almal was daar
Ma het gehuil maar ek het haar hand vasgehou
Pa se gebed was melancholies maar opreg
Toe alles oor was het jou vriende my genooi om ‘n bier te gaan drink op jou
Ek was heeltemal te jonk ….. jy ook!

KOOR:
More sal die son weer skyn
En sl my trane sal verdwyn
Danstuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
En maak seker jy sal dit kry

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand…
INTRODUKSIE

Waar begin ‘n mens ‘n goeie handboekie oor hoe om jou eerste liedjie te skryf???mmm
Ek het die vraag self op die proef gestel toe ek nog op Hoerskool was en my eie wenresep ontwikkel oor hoe om ‘n liedjie te skryf.

So hier is jou vraag:

Waar begin mens ‘ liedjie skryf? Soos enige iets is daar ‘n formule om ‘n liedjie te skryf, maar nie ‘n formule om ‘n trefferliedjie te skryf nie.

“Almal soek altyd ‘n treffer. Song is king” Werner Beukes (Pop producer).

Ek kan jou wys hoe om die brood te bak, maar dit sal van jou as individu afhang hoe goed jy raak later met tyd. Jy kan maar ‘n flop maak aan die begin. Dis okay!

“it is better to try and fail, than to not try at all” Anoniem

Daar is aan Bono van die groep U2 gevra hoe hul CD “Joshua tree” so baie “hits” opgehad het??? Sy antwoord was: “you just write a hundred”
Dis die ding. Hoe meer jy skryf, hoe beter.

As jy een liedjie ‘n jaar skryf is jou kanse baie skraler om’n treffer te skryf as wat jy ‘n honderd of meer skryf.
In hierdie boekie gaan ek baie eenvoudig die beginsels van liedjieskrf bespreek. Die Afrikaanse musiek insdustrie is arm aan goeie liedjieskrywers.
Jy is my student.
Hierdie is eintlik maar net riglyne om jou uit die wegspringblokke te kry.

Welkom by Liedjieskrywer 101!!!

HOOFSTUK EEN:

Hoekom skryf jy ‘n liedjie?

“’n Nuwe liedjie is die hoop vir iets beter.”

Die mees algemene onderwerpe waaroor geskryf word is die volgende:

• ‘n Liefdesterleustelling: 
Jou geliefde het jou ontstel, of andersom

“Die grootste hartseer skryf die mooiste liedjies” Bobby van Jaarsveldt

• Gevoel: 
soos bv. blydskap, woede, deernis, geloof

“like the roses need the rain, so does the poet need the pain” Jon Bon Jovi

Jy mag dalk gevra word om ‘n liedjie oor ‘n Tema te skryf bv. ‘n nuwe TV-program, ‘n projek soos ‘n advertensie, ‘n vriend se troudag of selfs jou eie, wat ons by die volgende punt bring:

• Markgedrewe: 
die Afrikaanse mark is mal oor dans- en boeremusiek. Jy sal dan iets skryf wat die mark as “mode” beskou. (Hierdie is baie moeiliker as wat dit klink!)

“give the people what they want, then go home and eat a hamburger” anoniem 

• Jy skryf om te eksperimenteer: 
Di shier waar alternatiewe bands baie groot kan wen of verloor. FREE THINKING. Gaan kyk na ‘n band soos Ef El en ouens soos Chris Chameleon. Hulle kry hierdie baie goed reg! Chris is veral ‘n ou wat sy eie mark geskep het met sy engelse groep BOO! En dan het hy ook sy solo-loopbaan, met die Chris Chameleon projekte.

Maak altyd seker jy weet hoekom en waaroor jy skryf voor jy begin.

In hierdie boek gaan ek ‘n basiese struktuur van liedjieskryf vir jou aanleer. Die boek is nie juis bedoel vir diegene wat wil eksperimenteer nie. As jy wel daaraan dink om eerder te eksperimenteer met liedjieskryf sal hierdie boek ‘n goeie ruglyn wees oor hoe om jouself ‘n beter kans te gee om jou woorde daar buite te kry.

Kom ons begin met die eenvoudigste format van “jou eerste liedjie”…
HOOFSTUK TWEE

Jou eerste liedjie:

“This is my new song. I want to see your f@!%&ng sigarette lighters”…Ozzy Osbourne

Verse:

Hou jou sinne kort en volg ‘n ab ab of aa bb rym skema.
Hou ook jou verse net vier lyntjies lank
Die beste is 2 verse, 4 lyntjies elk, voor die eerste koor.

Bv. AB AB

Ek is lief vir jou
Nou is jy weg van my
Ek bly steeds getrou

Jy is my lief
Jy is so ver van my
Jy’s my hartedief
Jy het my hart verlei

Bv. AA BB

Onder waar die winter le
Het sy vir hom gese
Die somer sal weer kom
En hul harte sal weer blom

Jy kan selfs al 4 lyne laat rym (persoonlik hou ek nie baie hiervan nie want dit kan baie eentonig raak)

Jy is my bokkie
Ons gaan vanaad sokkie
Met jou rokkie
Ek lui jou klokkie

LET WEL: Hou dit plain en simple. Al is dit eentonig, DIT WERK!

Die verse beskryf en verduidelik die title van die liedjie. Jy wil in die verse iets vertel van jou storie. Hou dit lig, met min woorde wat baie beteken.

“Ek droom die ander dag ‘n bietjie
En ek skryf toe ‘n liedjie
Van my jeug
Ek wens ek kon dit weer beleef”

“Bottel tas” Jakkie Louw

Koor:

In die koor wil jy die hooftema of idée van die liedjie beklemtoon. Die title van die liedjie word meestal aan die begin en einde van die koor herhaal. Ek verkies om altyd na ek die liedjie geskryf het, iets uit die koor te haal wat ek dan later die titel van die liedjie maak. Party mense sal weer eers die titel van die liedjie kies en dan deulopend met die tema die res van die liedjie skryf.

Die koor kan bietjie anders lyk as die verse. Die koor hoef nie noodwendig 4 reels te he nie. Onthou, die koor staan alleen en is die gom wat die liedjie aanmekaar vasplak. Ek hou daarvan om die einde van die vers, presies te vertel waaroor die koor gaan.

Bv.
(einde van die vers):

“Ek noem vir jou die mooiste ding
Hoor hoe al die mense saamsing

Koor
Shalalalala la la
Shalalalala la la

Om te rym in die koor is baie belangrik. Jy kan die belangrike sinne selfs 2, 3 of 4 keer herhaal as jy wil he mense moet die onthou.

Bv.

Daar onder le drie pikkewyne
Daar onder le drie pikkewyne
Daar onder le drie pikkewyne
Maar die middelste ene is myne

Of bv

Kaptein span die seile
Kaptein sy is myne
Daar waar die son opkom
Daar oor die horizon wag sy vir my

In party van ons goeie Afrikaanse verkopers se liedjies maak die kore nie eens sin nie. Dis net geluide:

Dink aan Juanita du Plessis se Pateyo

Of selfs Nicholis Louw met Mayahe mayahoo mayaha mayahaha.

Hier is in voorbeeld van hoe die liedjie se formaat sal lyk:

Intro: Musiek

Verse 1
Xxx xx xxx A
Xxx xx xxx B
Xxx xx xxx A
Xxx xx xxx B

Verse 2

Xxx xx xxx A
Xxx xx xxx B
Xxx xx xxx A
Xxx xx xxx B

KOOR
Xxxxx xxxx xxxxx A
Xxxxx xxxx xxxxx A
Xxxxx xxxx xxxxx A
Xxxxx xxxx xxxxx A

Verse 3
Xxx xx xxx A
Xxx xx xxx B
Xxx xx xxx A
Xxx xx xxx B

KOOR
KOOR

Hierdie is die heel eenvoudigste vorm van liedjieskryf.

Jou eerste paar liedjies wat jy gaan skryf gaan heel moontlik jou eerlikste liedjies wees. Gaan kyk ‘n bietjie na die mees legendariese CD’s van kunstenaars. 9 uit 10 kere was dit hul eerste CD gewees wat nou nog vir ons hul bekendste CD is. Die CD’s wat volg is afstammelinge van daardie ongelooflike eerlike stukkie werk.

Meeste van ons leer op hoerskool hoe om gediggies of te wel poesie te skryf. En die meeste van on sweet self wat die verskil tussen ‘n sonnet en ‘n bellade is. Dit raak bietjie meer “tricky” as dit kom by liedjieskryf, omdat ‘n goeie liedjie altyd ‘n oulike idée en melodie nodig het wat die luisteraar geintereseerd hou van die begin tot die einde.

(ONTHOU: die verse is die storie en die koor is die gom wat die liedjie aanmekaar bind)

Die vraag wat jy seker nou vra is:
Ek kan mooi skryf, maar ek kan glad nie ‘n musiek instrument speel nie.
As jy die woorde kan Hummm, kan jy dit skryf.
Neem dit op bv ‘n selfoon op en gaan dan na ‘n vriend wat ‘n instrument kan speel en vra vir hulle om jou te help.

“Die Afrikaanse musiek-insudtrie is ‘n koekieblik vol vars koekies. Almal watt e graag enetjie uit die blik, maar niemand is bereid om weer koekies te bak en terug te sit in die blik nie.” Blackie Swart

Daar sal nooit genoeg liedjieskrywers wees in ons taal nie. Hoe meer, hoe beter.

Ons gaan nou na ‘n paar oefeninge kyk om jou kreatiewe horizon brieer te maak.

HOOFSTUK DRIE

Liedjieskryf oefeninge:

Oefening 1: Die skryf van jou woorde

Skryf die naam van jou meisie of vrou neer.
Bv. MICHELLE

Hoe voel jy oor haar:
Bv. VERLIEF

Skryf nou die naam en gevoel vertikaal neer en prober ‘n gediggie in die “liedjieforamaat” skryf.
Kom ons prober:

My mooiste drome word nou waar
Is ons liefde amper klaar
Chardoughny vie my en jou
Hoor jy my lied, ek bly getrou

Engele het dit geweet
Liefde sal jou hart opvreet
Lang jare sale k jou nog soen
En dis wat jy aan my doen

Koor
Verlief bly ek op jou Michelle
En vir jou sal ek sing
Raak jy ook lus om te bel
Liefdevol het ek jou bemin
Is dit die einde of net die begin
Ek sal jou in liefde verdrink
Fanaties as jy vir my wink

Jy mag dalk nou dink:
• Die woorde maak nie sin nie, en
• Die vertikale letter is nou klaar. Wat nou?

Jy het nou die “geraamte” van jou liedjie, en kan nou verder peuter om die storie mooi te skryf. Nadat jou vertikale woorde gevestig is, kan jy inisiatief gebruik en self verder aangaan. Jy kan self hierdie twee woorde rondskommel en verder skryf. En wanneer jy die liedjie eendag vir Michelle speel, gaan sy nie oplet of omgee dat jy net die twee woorde gebruik het om die fondamente van jou liedjie neer te le nie.

(WENK: As bogenoemde te moeilik is, prober ietsie maklikers soos bv. ANEL en LIEF. Dit sal geoeg wees vir jou eerste twee verse. Dan kan jy lostrek met die koor op jou eie manier.)

Doen hierdie oefening totdat jy dit regkry. Hoe meer jy dit doen, hoe meer sal die liedjies begin sin maak.

“songwriting taught me how to think with my soul, through my head and into my pen.”

“if you want to reach your goal, listen to your soul”

Oefening 2: Melodie

Hierdie is spesiaal vir diegene wat regtig nie ‘n idée het waar om te begin nie.
Skryf ‘n paar woorde neer in die liedjieformaat wat ek vroeer genome het. Vat dan jou gunsteling liedjie se wysie en sing jou woorde op die bekende wysie.
Kom ons prober gou met 3 Pikkewyne..hehe

Ek was so lief vir jou
Ek wou met jou trou
Jy was so mooi
Jy het my hart gegooi

Maar nou is jy weg
Ek voel al lank so sleg
Ek wil jou he
En ek wil jou se

Ooooooooohhh
Koor:
Jy bly steeds die mooiste gesiggie
Ek skryf steeds vir jou mooi gediggies
Ons kyk saam vir Kaapstad se liggies
Dit is so lekker, ek gaan nooit weer terug nie.
(WENK: Hierdie liedjie is baie “catchy”, so jou woorde raak vir jou lekker om te sing. Nou vat jy daardie woorde wat jy geskryf het, skeur dit in duisende stukkies, wag so 30minute en skryf dan neer wat jy onthou van die liedjie. ONTHOU: As jy hierdie reel wil toepas moet jy seker maak dat die liedie wat jy gebruik wel 2 verse en dan ‘n koor het. Daar is honderde ander liedjieformate wat ek later sal behandel in volgende boeke. Hierdie boek is net om uit die blokke uit te kom.)

“Rule of thumb. Gooi die liedjie weg en begin oor. Jy sal net die moo idle onthou en die oorskryf.” Sean Els

Jy kan dus jou gunsteling Engels of Afrikaanse liedjies gebrui om jouself te toets.

LET WEL: Hierdie is net ‘n oefening so moet asseblief nie die bekende liedjie se wysie net so gebruik en opneem, sonder om die regte van die liedjie te bekom nie. Jy kan in groot moeilikheid kom. Dis nou wanneer die Afrikaanse-Engelsman sal se…. jy pleeg plagiaat. Hierdie oefening kan wel waardevol wees met die ritme en vorming van die liedjie.

Mense vra my altyd: “Wat kom eerste. Die liedjie se woorde of die melodie?”
Wat was eerste. Die hoender of die eier?
Hierdie is die liedjieskrywer se keuse en hang van persoon tot persoon af. Party musikante soos Elton John sal net die melodie skryf en ‘n liriekskrywer, sal weer die woorde van die liedjie skryf. Ander skrywers komponeer die melodie en skryf die woorde self vir ‘n liedjie. In Suid-Afrika skryf klomp mense soms saam aan ‘n liedjie (melodie en woorde), soos bv Marc Brendon en Don Kelly (Select) en ook Sean Els en Johan Voster(Mozi)

Oefening 3: Ritme van jou woorde en melodie

Nou weet jy min of meer hoe om woorde in die regte formaat te sit en iets te skryf wat vir jou mooi is.
Jy gaan soek toe ‘n pel en sing vir hom so half en half ‘n melodie wat jy in gedagte het vir jou liedjie, en jy wil he hy moet jou help met ‘n paar chords op die kitaar of klavier of so.
Tensy jy ‘n meestersgraad in musiek het, of musiek nou al doen vir ‘n paar jaar….”KEEP IT SIMPLE”.

“mense wat my CD’s koop is nie musikante nie, hulle is Pikkewyne..” Jakkie Louw

Hier is ‘n goeie tip: 3 akoorde is oorgenoeg om ‘n wysie bymekaar te sit vir ‘n liedjie. Selfs twee akoorde kan werk. Onthou dat die luisteraar nie luister hoe musikaal jy is nie. Hy wil net lekker na die liedjie kan luister.

Beautiful in Beaufort-wes het in die eerste helfte van die liedjie net twee akoorde. A en E. All along the watchtower van Bob Dylan het net 3 akoorde reg deur die hele liedjie, en is een van sy grootste treffers.
(WENK: Hoe minder die akoorde op die woorde val, hoe beter)

“Pak op, pak op
Sit jou goedjies op jou kop.
More gaan ons weg
Ver van hier weg”. David Kramer

As jy nog nie ‘n melodie het vir jou woorde in die 101 formaat nie, probeer die volgende 3 akoorde.

D G A (Sketse)

Baie van die sketse ens kan nie in hierdie formaat geplaas word nie.

Hoop julle het dit geniet!

Aan die begin gaan dit lekker stupid klink , maar ‘n baba lyk ook lekker deur die mis as hy sy eerste tree gee. Hou net aan oefen. Dit sal regkom, ek belowe.

Kom ons probeer nou hierdie akoorde met die woorde wat ons in oefening 1 geskryf het. Ek gaan die tyd wat die akoord gespeel moet word, reg bo die woord sit. Vanaf daardie woord moet die ritme 1-2-3 gaan.

D
My mooiste drome word nou waar
G
Is ons liefde amper klaar
A
Chardoughny vir my en jou
D
Hoor jy my lied ek bly getrou

D
Engele het dit geweet
G
Liefde sal jou hart opvreet
A
Lang jare sal ek jou nog soen
D
En dis wat jy aan my doen

Kan jy al die melodie begin hoor in jou kop? Hierdie klink dalk lekker flou, maar die oefening sal jou uitdaag en regtig die vaardigheid leer van hoe om ritme, woorde en melodie te kombineer. En dis al waaruit ‘n liedjie bestaan.

HOOFSTUK VIER

Skryf ‘n treffer!!!

Jy is nou op ‘n plek waar jy min of meer die liedjieskryf 101 formaat regkry. Jy is ‘n redelike kranige digter en jy kan so bietjie kitaar speel (of jou pel kan). Die ritme van jou woorde val ook al lekker saam met die melodie van jou liedjie. Jy wil nou ‘n liedjie vir een van ons land se sterre skryf in die huisgenoot tempo kompetisie of self sommer net ‘n liedjie opneem vir ‘n demo. Hierdie demo beland dalk op Kurt Darren, Emo Adams, Nianell of Bok van Blerk se lessenaar. Wie weet???

Geheine tips:

Daar is 5 geheime tips wat ek jou kan leer, as jy ‘n treffer wil skryf. Shhhhhh

• Kry eers ‘n HOOK
‘n Hook is ‘n melodie wat regdeur die liedjie speel. Dink aan Summer of ’69 se begin…. Daardie kitare wat regdeur die liedjie speel en wat jou die liedjie elke keer dadelik laat herken sodra dit begin speel. Nog goeie voorbeelde is soos Theuns Jordaan se kitare met Soos bloed en ook Gerhard Steyn met Baby Chocholates. Al hierdie liedjies het ‘n “HOOK”, deurdat jy presies weet watter liedjie dit is sodra dit begin speel. Die groot Suid-Afrikaanse producers soos Murrey Lubbe, Jean Floors Oosthuizen en Maruis Brouwer, om net ‘n paar te noem waarmee ek al saamgewerk het, sal met my saamstem op hierdie punt.

• Probeer om nie oor liefde te skryf nie.
Dit klink maklik, maar probeer ‘n bietjie. Kyk na my bekendste liedjies. Drie Pikkewyne, Hoender wat nie kekkel nie, Sak Sarel, Pa wil ‘n bok skiet. Jy gee jouself ‘n beter kans as jy bietjie oor iets anders skryf. Nog voorbeelde is soos Robbie Wessels met Leeuloop, Dozi-Ryperd, en David Kramer-Royal Hotel. Dit maak ‘n liedjie net bietjie anders deur oor iets bietjie anders te skryf.

• ‘n Liedjie wat lekker klink vir jou en jou pelle by ‘n braai is tien teen een ‘n treffer
Robbie Wessels het lank vir sy pelle gesing by kuiers voor hy bekend was. My eerte treffer, Rambo die polisiehond, was op hoerskool ons braai-“anthem” gewees. Later sou duisende mense by feeste die liedjie saamsing. Vertrou op jouself en vra jou pelle se opinie gereeld.


• Probeer iets nuut doen
Dit help nie jy skryf ‘n markgedrewe liedjie wat klink soos ‘n liedjie van bv. Eden nie. Daar is klaar miljoene van daardie demo’s wat regoor die land le. As mens gaan kyk na Mozi records se Liani May en Bok van Blerk, sal jy sien dat hierdie twee kunstenaars in eie reg is, en dat daar nog nie ‘n kunstenaar soortgelyk was aan hoe hulle die mark benader nie.

“there is nothing like good music anymore, just music that reminds you of good music” Bono (van U2).

• Select se twee groot liedjieskrywers, Dan Kelly en Marc Brendon, se geheim is positiewe denke
Hulle sal gaan soek na iets wat die luisteraar se gemoed sal lig. Dink ‘n bietjie aan iemand wat in die verkeer sit tussen Johannesburg en Pretoria. Hy is lankal keelvol vir die kar wat voor hom probeer indruk in ‘n ry wat gladnie eers beweeg nie. Nou hoor hy op die radio Jakaranda 94.2…”Nou loop ek maar die paadjie alleen leen leen”. Hy vind aanklank by die liedjie, wat in sy kop vassit toe hy na verkeer by die huis kom. Hy weet Kurt Darren sing die liedjie en toe hy die volgende oggend wakker word en die liedjie sit nogsteeds in sy kop vas, ry hy na die naaste CD-winkel toe en koop vir hom die CD.
Positief werk. Meeste groot treffers laat jou glimlag, nie frons nie. Dis baie moeiliker o moor oulike goedjies te skryf soos die blommetjie in haar hare, die beste tye van jou lewe, en die dinge wat jy van haar hou, as wat dit is om te skryf oor die dinge wat jou hartseer maak of pla.

“Ek gee my hart, ek gee my siel, ek gee die songs wat my verniel. Ek gee jou alles van die beste, ek sien jou min of meer die sesde…” Jakkie Louw

“Writerlock is die Meester se manier om jou te vertel jy is nie ;n liedjieskrywer nie…” Anton Goosen.

HOOFSTUK VYF

Ek gaan maar vir die aspirante liedjieskrywers wat kans sien om die kitaar te leer speel ‘n bietjie wys hoe. Ek het op Hoerskool by die ACSV-kamp ‘n ou ontmoet wat my bietjie gewys het hoe ‘n akoord lyk op die kitaar. Ek het later ‘n klein boekie gaan koop, sodat ek net die akoorde kan leer ken en so my self leer kitaar speel.

Hoe om jou kitaar te stem:

Jy moet met die klavier se E noot die boonste en die onderste snaar instel wat beide E is. Gaan kry dalk vir jou ‘n “tuner” by ‘n Musiekwinkel en stem jou kitaar so. Van die boonste snaar wat E is stem jy die res van die snare van bon a onder soos volg:

E
A
D
G
B
E

“sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar. Weet maar hoe lank is sestien jaar” …. Koos Kombuis

“Dis die vloek van die kitaar” Valiant Swart

Jy sal sien dat meeste liedjieskrywers vreeslik jonk lyk al is het hulle al redelik aangestap in die jare. Dis asof die musiek jou toor, sodat jy altyd jonk bly.

Ek hoop hierdie boek toor jou , soos wat musiek my getoor het. Ek sit steeds vas op 21 jaar jonk!

Ek gaan nou vir jou, volgens my die 3 belangrikste akoorde skets:

D

G

A

Gaan nou op die internet na www.youtube.com, en gaan na die search bar en tik in “liedjieskrywer 101” of “Jakkie Louw”.
Daar sal ‘n video-clip wees waar ek die 3 akoorde speel met ‘n paar ritmes. Dit moet jy jouself aanleer. Wat vir my aan die begin die moeilikste was, was om van een akoord na die volgende te verander. Jou vingers voel so dom aan die begin. Hierdie gev oel gaan verby. Ek belowe. Hou net aan oefen en as jy weer sien, kry jy dit reg.

Al wat ek kan se is STERKTE. Ek hoop uit my hart uit hierdie boekie kan sommer baie van julle daarbuite help om Afrikaanse musiek nog meer kleurvol te maak.

As daar ietsie is wat julle onseker oor is, stuur asseblief vir my ‘n epos by jakkie@jakkielouw.co.za.

Kyk uit vir die nuwe liedjieskrywer 201 wat uitkom so gou as moontlik. In hierdie boek gaan ek groter liedjies en storie-liedjies begin behandel. Miskien ook hoe om ‘n musiekvideo se storie te vertel.

Alles wat kreatief is.
Pikkewyne liefde
Jakkie Louw
xoxo


Date:
14/04/2011

Cansa en die oorlog vir lewe

Details:

Ek was baie bang om te begin werk saammet 'n reuse maatskappy soos Cansa. Mense soos Sue en Munnik staan in die oggend op, borsel hul tande, kam hul hare en gaan veg 'n oorlog. Al wat hulle voor veg is lewe. Ek sal deel raak van so weermag. Die eposse wat ek elke dag kry in my inbox is vanaf mense wat geliefdes verloor het en mense wat geliefdes het wat baie siek is, is regtig hart verskeurend.
Ek kry baie navrae oor funksies en shows vir CANSA reg oor die land. Ek het besluit om 12 shows in 2011 gratis te doen vir CANSA. Ek hanteer nie self die bookings nie. Die bookings gaan deur Munnik wie werk vir Cansa. Ek het wel nog datums oop. Munnik se sel is 083 2688701
Ek hoop regtig ek kon met 1 miljoen woorde 'n bietjie meer lig plaas op hierdie verskriklike siekte wat ons almal raak. As jy iemand ken wat siek is of dalk iemand wat 'n vriend of familie lid verloor het aan kanker. Onthou een ding..LIEFDE WEN.. dis al wat regtig belangrik is. Om iemand te help is 'n eer!
Jak

Date:
15/11/2010

Cansa relay for life

Details:

‘Een Miljoene Woorde’is the flagship song of the new CD, ‘Gemaak in SA’ that is being launched by Jakkie Louw in September 2010. The song revolves around cancer survivorship and sharing hope. Jakkie is joining the fight against cancer by raising awareness with all South Africans through CANSA’s signature fundraising project, CANSA Relay For Life.
It’s a unique event offering everyone in the community the opportunity to participate in the fight against cancer. It represents the hope that those lost to cancer will never be forgotten, this facing cancer will be supported and one day cancer will be conquered.

We’re proposing that everybody combines with Jakkie and CANSA to raise awareness of Relay For Life events and get their listeners involved in the fight against cancer.

Relay is a fun, overnight team event that raises awareness of cancer and raises much needed funds to fight cancer. The events are all volunteer driven and community owned. During Relay, teams of 10 to 15 people friends, neighbours, families and co-workers commit to keeping at least one member walking the track at all times because cancer never sleeps. Each team submits a commitment fee and each member is encouraged to raise a target to support CANSA’s wide-reaching service in the region that the Relay is being held.

Al income raised gets allocated to each region.

Sandra Jacobs, a leader volunteer and caregiver will speaking at the launch event of Jakkie’s CD and will share her story of being a caregiver to cancer survivors.

CANSA’s Interim Homes – see attached for info regarding our CANSA Interim Homes that are operational all over SA. Each of these homes assist cancer survivors and it would be a super project for Radio Jakaranda to get their listeners involved in raising funds for Relay events – all income raised from Relay events are allocated to each region and under region, they run and manage an Interim Home.

Also separate email re Relay news releases.

Date:
11/10/2010

Liiedjieskrywer 101

Details:

Hi Julle. Soos julle seker al in die media gehoor het.
My nuwe cD is gelaunch en die verkope is goed. Baie dankie vir die aanhoudende ondersteuning.
Ek het ook 'n boekie geskryf met die naam Liedjieskrywer 101.
Die boekie kan ongelukkig net by my shows gekry word.
Ek sal elke week nog hoofstuk van die boek op my site sit sodat julle kan hoor waaroor die hele ding gaan.
Baie groete
Jak

ps:Ek nog nie kans gehad vir taalversorging en spel checkers nie. Hierdie is net 'n draft.

Liedjieskrywer101

Voorwoord:
Hierdie boekie is vir asl die dromers daar buite. Die “free spirits” wat droom met hulle oe waawyd oop.

Die boek is ook vir al daardie aspirantie liedjieskrywers wat my gedurig vra:”Jakkie, waar begin jy as jy 'n liedjie skryf, die melodie of die woorde. Ek sal jou leer watter tegnieke jou liedjie skryf vaardigheid sal opskerp en watter formaat 'n goeie fondament vir jou kan raak. As jy my lesse verstaan en kan uitvoer kan jy moontlik een van ons land se beste liedjie boere word.

Ouens soos Anton Goosen, die oorspronkilke liedjie boer, het dit reggekry om tydlose liedjies te skryf. Jy sal nooit moeg raak vir legendariese liedjies soos Brief vir Simon, Waterblommetjies, Pampoene op die dak en Klein bietjie wyn nie. Lucas Maree was die pionier van lekker luister liedjies soos Kiekies, Victotia baai, Droomvrou en Doen met 'n miljoen. Legendes soos hierdie se musiek sal aanhou lewe lank nadat hulle gesterf het. Dit is wat so 'n boek soos hierdie spesiaal maak.

Ek sal jou die baba stappies leer van hoe om ook jou eie fakkel aan te steek wat jy vir altyd kan laat brand. My boetie Frikkie is oorlede in 1994. Die dag wat hy begrawe is het was 'n reenerige dag in die Kaap. Mens sal dink dat die mense nie sou wou begrafnis toe kom agv die reen nie, maar die begrafplaas was chock en blok vol. Ek het vir hom 'n briefie geskryf hoe ek die dag onthou. Ek het die brief verander in 'n liedjie en dit opgeneem.
Deur die liedjie sal Frikkie Louw vir altyd onthou word. Hier volg sy brief

Reen in die Kaap

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Die liggies brand maar die strate is nat
Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Terwyl my kamer venster prentjies maak

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Die druppels fluister jou naam
Kyk hoe lekker reen dit in die kaap vanaand
En jy het al lankal gaan slaap

Koor:
More as die son weer skyn
en al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
en maak seker jy sal dit kry

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
Dis aanhoudend soos die stroompies in Andringa Straat
Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand
En jy het al gaan slaap

Koor:
More as die son weer skyn
en al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
en maak seker jy sal dit kry

Ons het jou gaan groet op 'n koue satredag oggend
Dit het gereen maar almal was daar
Ma het gehuil maar ek het haar hand vasgehou
Pa se gebed was malenkolies maar opreg
Toe alles oor was het jou vriende my genooi om 'n bier te gaan drink op jou
Ek was heeltemal te jonk..jy ook

Koor:
More as die son weer skyn
en al my trane verdwyn
Dan stuur ek hierdie liedjie op die rug van die wind
en maak seker jy sal dit kry

Kyk hoe lekker reen dit in die Kaap vanaand..

Date:
29/09/2010
Copyright © 2007. All Rights Reserved.
Designed by Free Fonts. Developed by Opulent Development.