Verlede
Jakkie is gebore in die laat seventies in Oudtshoorn. Hy word egter groot in Durbanville in die Kaap, en is leerder van die Hoërskool D.F. Malan.
Na die dood van sy ouer broer Frikkie Louw, begin Jakkie baskitaar speel in ‘n band. Hulle begin deelneem aan Battle of the Bands in Bellville, en wen dit twee jaar in ‘n ry. Op die ouderdom van 16 word Jakkie uit die band geskop, na hy ‘n mislukte poging op backing vocals aanwend. Hy besluit om sy eie band te begin en skryf Engelse rock-musiek.
Na skool studeer hy BCom Bestuursrekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Deeltyds sing hy by die local studente pubs en koshuisfunksies. In sy tweede jaar (1999), laai een van sy pelle sy liedjie Rambo die Polisiehond op die Stellenbosch Internet Netwerk. Binne drie dae download 15 000 studente hierdie liedjie op hulle rekenaars.
Jakkie se shows begin gewilder raak en hy verhuis na Pretoria vir meer blootstelling. Hy raak ‘n legende binne die studente gemeenskap en is in Hatfield te sien op Donderdae by Maloneys en Sondae by McGintys. Dit is aanvanklik maar swaar om die pot aan die kook te hou, maar stadig maar seker begin sy fan basis groei, en die pubs word oorvol. Mense ry selfs van Kroonstad af om Jakkie en sy band in aksie te sien.
In 2005, leen Eric, Maloneys se eienaar van die tyd, vir Jakkie geld om ‘n goeie kwaliteit CD op te neem by ‘n top ateljee in Johannesburg. Hierdie CD word getiteld Alles in Een Glas, en treffers soos Drie Pikkewyne, ‘n Bottel Tas, Rambo die Polisiehond en Sannie Kriel van Sunnyside verskyn hierop.
In 2006 word hierdie CD as beste Suid-Afrikaanse rock album benoem, by die Vonk Oskar Toekennings. Hy wen ook die katgorie vir beste nuweling in Suid-Afrika.
In 2007 doen Jakkie sy Drie Pikkewyne toer, wat ondermeer daarop toegespits is om mense bewus te maak van die bedrygde Kaapse Pikkewyn. Hy neem die toer in September na Londen en daarna na Namibië.
Sy nuwe CD sal by die 2008 KKNK die lig sien.